Laagste watervlak in jare

Soos meeste damme in SA is Vanderkloofdam erg deur die droogte geraak. Die watervlak is vandag (30 Januarie 2016) op 67%. Die laagste in jare. Daar is egter nog min of meer net soveel water nou in Vanderkloofdam as wat die Vaaldam op 95% watervlak sal he, so meer as genoeg vir nog ‘n ruk.

Gelukkig het die reen begin val en Gariepdam se watervlak het al so bietjie begin styg weer. As jy dus Vanderkloofdam so leeg soos nou wil sien sal jy moet kom kyk terwyl jy kan.

Hier is so 2 fotos van die area by die damwal en ou jetty.

 

Watervlakke van damme soos op 30 Januarie 2016:

*FSC is full storage capacity in million cubic meters

Dam

FSC*

This Week

Last Week

Last Year

Allemanskraal Dam 174 13.8 11.7 31.9
Armenia Dam 13 12.3 11.3 49.7
Bloemhof Dam 1240 21.2 20.2 76.2
Egmont Dam 9 31.0 29.8 71.9
Erfenis Dam 206 11.0 10.4 35.6
Fika-Patso Dam 29 17.3 17.3 71.3
Gariep Dam 5196 46.9 47.2 93.9
Groothoek Dam 12 0.0 0.0 -4.6
Kalkfontein Dam 325 6.9 5.8 24.6
Knellpoort Dam 130 32.4 32.2 46.3
Koppies Dam 42 42.0 42.9 84.9
Krugersdrift Dam 71 5.1 4.8 74.3
Rustfontein Dam 71 19.6 18.7 19.4
Saulspoort Dam 15 97.5 97.5 97.3
Sterkfontein Dam 2617 87.4 87.3 98.3
Tierpoort Dam 34 0.0 0.0 0.4
Vaal Dam 2603 52.6 52.2 84.7
Vanderkloof Dam 3171 67.6 69.4 91.4
Welbedacht Dam 9 82.3 95.9 103.0
Categories: Vanderkloof | Leave a comment

Madswimmer. Feb 2016. Kom join hulle!

Categories: Uncategorized | Leave a comment

Krag word dalk van Maandag af gesny

Eskom sê hy gaan dorpe se krag snyDeur Charné Kemp

21 Januarie 2016 00:00

Petrusville. – Eskom gaan Maandag die Renosterberg-munisipaliteit se elektrisiteitstoevoer weens beweerde wanbetaling onderbreek.
Die elektrisiteitsverskaffer gaan ook op 29 Januarie die elektrisiteitstoevoer na vier ander rade se gebiede onderbreek – Warrenton in Magareng, Hopetown en Strydenburg in The-mbelihle, Victoria-Wes en Richmond in Ubuntu, asook Barkly-Wes, Delportshoop en Proteahof in Dikgatlong.
Die Renosterberg-munisipaliteit sluit Vanderkloof, Philips-town en Petrusville in.
Dié munisipaliteit se skuld het van September verlede jaar van R22,6 miljoen tot R26,5 miljoen gestyg.
Intussen dreig AfriForum en AfriSake om Eskom se planne te stuit.
Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regering, sê Eskom se dreigemente kom te midde van ’n hangende aansoek om ’n verklarende en verbiedende bevel wat AfriForum en AfriSake in Desember 2015 teen Eskom bekom het. Dit verbied die elektrisiteitsverskaffer om enige dorp se elektrisiteitstoevoer te onderbreek.
“Enige kennisgewing van Eskom aan munisipaliteite om elektrisiteitstoevoer te onderbreek is onregmatig, omdat die saak sub judice is.”
Eskom meld in ’n koerantadvertensie die Renosterberg-munisipaliteit se skuld is sedert Januarie 2013 uitstaande. Die raad het ook nie die bepalings van die betalingsooreenkoms nagekom nie. Die elektrisiteitstoevoer sal tussen 07:00 en 10:00 en tussen 18:00 en 20:00 onderbreek word.
Die munisipaliteit ontken hy het nie sy skuld aan Eskom betaal nie.
Ndoyisile Veli, waarnemende munisipale bestuurder, sê die munisipaliteit het sedert September drie betalings van onderskeidelik R800 000, R1 miljoen en R1,5 miljoen gedoen.
“Ons het geldelike probleme, maar ons doen ons bes om dit te oorkom en steeds dienste te lewer.”
Zamani Saul, die ANC se provinsiale sekretaris, sê die munisipaliteit betaal na sy wete maandeliks sy skuld aan Eskom. Die laaste betaling is vandeesmaand gedoen.
“Ons beskou Eskom se dreigement as onbillik. Ons het die raad gevra om inwoners in te lig en gerus te stel. Die raad sal seker maak dat die skuld gedelg word.”
Hy het die raad ook gekomplimenteer, omdat “dienslewering ingevolge die Back to Basics-veldtog verbeter het”.
Die munisipaliteit se benarde geldelike omstandighede het verlede jaar veral die aandag van die staande komitee vir openbare rekeninge (Skoor) op ’n besoek aan die Noord-Kaap getrek.
Xhanti Teki, woordvoerder van die provinsiale departement van samewerkende regering, sê die departement het ’n hoof- finansiële amptenaar na die raad afgevaardig om die geldsake reg te ruk.
“Die LUR mag verkies dat die munisipaliteit sy magte behou om sy eie omstandighede te verbeter eerder as om die raad onder administrasie te plaas.”
Ismail Obaray, DA-woordvoerder vir Skoor, sê die instansie eis weer, soos verlede jaar, dat Alvin Botes, LUR vir plaaslike regering, die munisipaliteit onder administrasie plaas. “Dit is onregverdig dat Noord-Kapenaars moet ly weens die plaaslike rade se onbevoegdheid.”

Categories: Uncategorized | Leave a comment

Skippers kursus in Vanderkloof. 12 Desember.

Indien jy graag jou Skippers lisensie wil kry kan jy Abre Coetzee kontak. Hy bied op 12 Desember die kursus aan. Kontak hom gerus vir meer ingliting en om te bespreek by 082 805 5915

Categories: Uncategorized | 2 Comments

Boot inligting vir ALLE boot eienaars wat Vanderkloofdam wil besoek.

Neem asseblief kennis van die volgende sodat jy voorbereid is vir jou besoek.

Die Washbay by Vanderkloofdam is al vir maande in werking maar word nou in volle vaart ingebring. Hier is hoe dit werk.

  • As jy eenmalig wil bootry gaan jy na die washbay en vul die vorm in. Jy kry dan ‘n rooi tag. Hulle sal jou boot was en dan gaan ry jy rond. Jy moet voor 7 uur die aand terug wees by die jetty en hulle sal jou boot was as jy uit kom.
  • As jy vir ‘n naweek wil bootry, (of te wel tot en met 3 dae) kry jy ‘n ander tag, dan word jou boot die eerste dag gewas en weer die laaste dag as jy uitkom. So tussen in kan jy kom en gaan soos jy wil jy vil net ‘n “voyage vorm” in wat basies net se waar jy gaan ry en wie almal op die boot is.
  • As jy vir ‘n week kom kan jy ‘n derde tag kry wat jy vir 7 dae toegang tot die dam kry. Weereens word jou boot net die eerste keer gewas en dan weer as jy op die einde van jou besoek (maks 7 dae op ‘n slag) jou tag terug gee.
  • Vir plaaslike bote is daar ‘n swart tag. Jy moet aansoek doen vir hom vooraf en hy moet deur die bootklub en Waterwese goedgekeer word. Dit is NET vir bote wat in die dorp bly en nooit op ander damme gaan ry nie. As jy ‘n swart tag het word jou boot net elke 3 maand gewas en jy kom en gaan soos jy wil. Jy vul net ‘n vormpie in (jy kan afskrifte by die huis maak as jy wil) wat se waar jy gaan ry en wie is op jou boot. So as jy by die washbay kom gee jy jou vorm en launch jou boot.

Jou boot sal deur die washbay mense gecheck word om te sien dat jy darem die nodige veiligheids toerusting op het. Sorg dat jy al jou nodige papiere soos COF, COC en Skippers by jou het. As hy die vorige dag verval het, het hy verval en gaan jy nie op die water kan gaan nie.

As jy ‘n kayak of canoe ry moet jy ook by die washbay gaan aanmeld. Jou boot sal nie gewas word nie maar jy moet die papierwerk (dis 1 bladsy wat jy in vul om te se waar jy gaan) doen.

Dus as jy daar kom en iemand gaan net verby, hulle moet ‘n tag he, swart tag bedoel hulle is plaaslike mense, enige iets anders as ‘n rooi tag hoef hulle nie elke dag gewas te word nie. So wees geduldig en doen net die bietjie admin, dit gaan ‘n paar minute vat. Dit gaan een van die dae by alle damme in Suid Afrika toegepas word so aanvaar dit net. Dit werk al vir ‘n hele paar maande in Vanderkloof so en ons ry baie boot sonder probleme.

Stoor ook die UPN besonderhede (bord met die details is by die jetty as jy jou boot launch) vir ingeval jy ‘n probleem optel terwyl jy boot ry, hulle is rerig vinnig en sal jou met enige situasie kan help!!

Categories: Fishing, Watersports | 8 Comments

Water level @ Vanderkloof Dam

For the next few weeks we will keep you updated on the level of the dam on this post. There is a link to DWAF’s site with the image below and raw data of the water levels but they don’t always seem to work.

Current Water level: 75% (29 December 2015)

 

Water level, inflow, outflow, as at 17 November 2015

Water level, inflow, outflow, as at 17 November 2015

Categories: Water Levels | Leave a comment

In search of ‘gold’ at Vanderkloof dam

In search of ‘gold’ at Vanderkloof dam – by Marc Towers

I had spent many hours over the past year or two looking into options for a challenging trip to target smaller mahseer species and jungle perch at far flung destinations – Malaysia, Borneo etc when one day (the proverbial ‘light bulb’ moment – prompted by Rudolphs reports!) it dawned upon me – why was I looking to travel so far when similar challenges and arguably better quality fishing options are available ‘closer to home’ on the African continent. The largemouth and to a lesser degree smallmouth yellowfish, the main targets of our trip, are justifiably highly regarded as the premium freshwater sporting fish in South Africa, notably amongst the fly-fishing public. Although yellowfish may not be as well-known globally as a species such as the mahseer, they offer a similar challenge. Venues such as Sterkfontein dam are much talked about in ‘yellowfish circles’ – often for the sight-fishing fly opportunities it presents, but I had my heart set on another venue – Vanderkloof dam, the ‘hidden jewel of the Karoo’ as a friend described it, which is located on the Orange river.

I had seen a few great reports by Rudolph Venter, who had fished it with his father and friends on a few occasions with some superb results; it was a no brainer – this would be a great venue to visit, not least of all because I have, growing up in Africa, held the yellowfish in high esteem. Admittedly although yellowfish can’t reach the heady weights of the larger mahseer species, with a good largemouth specimen going 12 lbs or so and a ‘fish of a lifetime’ catch a 20lb plus specimen, they still offer a really superb challenge on light tackle or fly, and can be as fickle as mahseer to boot.

A few e-mails later and it was all arranged – Rudolph was keen to return back to VDK and I was delighted to have his knowledge and artlure experience to call upon, and the chance to learn a few new ‘tricks’ along the way hopefully. After an overnight flight from Accra to Bloemfontein (via Jo’burg) and I had soon met up with Rudolph and his father – Bernard, who would be fishing on a separate boat with a friend. I think everyone was feeling a bit of ‘viskoors’ to borrow a word from Afrikaans.

The plan was to fish five full days – largely in the dam itself, with the option of doing a bit of river fishing below the dam wall. VDK is a large water body – in fact almost 100km long and 15km wide in places, and as such can be quite an intimidating venue without some ‘local or expert’ knowledge. We would be staying at Pride Rock Lodge, which is a great homely and reasonably priced venue in terms of accommodation. I had loaded up on Salmo ‘hornets’ and ‘minnows’ which are two of the banker small lures which produce the goods at this venue upon Rudolph’s advice, as well as getting a host of other light lure options. Light reels (I chose my Sustain 2000 and Vanquish 3000 as my reels of choice) were spooled with 12 lb Berkley Nanofil, and some light Temple Reef prototype rods (all travel rod configuration) were chosen.

In addition to the main target of the ‘largies’ we would also target the ‘smallies’ which were plentiful and spawning in the gravel beds at the time of our trip, and also other great local species – barbel (sharptooth catfish) and even carp – all on artlure, through novel methods such as ‘calling’ and ‘dipping’ as well as sightcasting to cruisng/resting fish in the case of the barbel – polarized sunglasses were a must!

Needless to say a lot of fun was had all round, and we only really had one ‘poor day’ on the second day were the wind bust us up a bit and made fishing really tough. My three best largies went 15.5, 17.5 and 21.5 lb’s – pretty awesome by any standard, and I also had a 4.5 lb smallie which is a good fish at this venue. Then there were the carp – the largest I took was 16lb on dipping – presenting a small leadhead with a curly tail to visible/tailing fish, and the barbel – these were a lot of fun. Rudolph had a few monsters – his biggest going 46 odd lb’s, and I had some nice specimens up to 36 lb’s – big black shapes abounded in the shallows, and casting Lume pumpkins to these shapes made for exciting fishing..!

One of the real ‘bonuses’ about this venue from a foreign fishing perspective is that, flight apart, with the weakness of the rand currently, it works out as a good value trip.
A huge thanks to Rudolph and his father for sharing their knowledge on the venue and of course all the artlure techniques used, and to Pride Rock Lodge for their great hospitality.

 

Categories: Fishing, Watersports | Leave a comment

Rolfontein natuur reservaat, die nuutste

Update op 29 Oktober 2015: Daar is bietjie gemengde inligting oor wat mag en wat mag nie. Ek het nou by 2 “bronne” wat altwee baie betroubaar is die volgende gekry. As jy wil gaan visvang in Rolfontein kan jy enige dag gaan, hulle ure is 8am tot 4pm (jy moet 4pm uit wees al by die hoofhek in Vanderkloof). Vir ander ure kan jy reel met die natuur reservaat se kantoor vir spesiale toestemming. Jy betaal jou gewone R30 toegangsgeld en ry dan af tot onder tot teen die dam. Die pad is bietjie sleg maar enige kar met normale “ground clearance” sal daar kan kom sonder enige skade. Ry maar net mooi stadig en veilig. Jy kan met jou voertuig ry tot waar jy visvang, moet tog nou nie in die dam in ry nie jy gaan vassit :) Jy moet soos enige ander plek waar jy visvang natuurlik agter jouself skoonmaak en die plek los soos jy dit gekry het. Visvang is ook op ‘n “Catch & Release” basis vir alle spesies.

In Oktober 2014 het ons ‘n artikel gehad oor die “Nuwe” Rolfontein, na sy iets soos R150miljoen opgraderings wat deur ons regering blykbaar daar spandeer is. Jy kan daardie storie lees deur hier te click.

Nou na ‘n paar emails en navrae het ek dit goed gedink om ‘n draai daar te maak en weer te vertel hoe dit nou is.

Die goeie nuus is, hy is nog oop darem.

Rolfontein Chalets

 

Die chalets lyk soos in die foto. Die pad wat na hierdie chalets gaan is nog erger, hierdie is een van die beter chalets. So in kort nee jy kan nie in Rolfontein oornag nie.

So wat bied Rolfontein dan op die oomblik?

  • Jy kan daar gaan hengel
  • Jy kan braai by die picnic sites wat lekker koelte het en verbasend goeie braai en picnic geriewe.
  • Dit kos net R30 per persoon.
  • Jy sal so paar soorte diere sien
  • Daar ‘n nice uitkykpunt, ja ongelukkig net die 1 want met ‘n klompie miljoen rand kon hulle net 1 bou toe is die geld op :)

So pak maar vir jou lekker eet goedjies en doen jou ding.

 

 

Categories: Rolfontein Nature Reserve | 1 Comment

Missing croc in Vanderkloof Dam!

About 2 weeks ago a croc, owned by a local staying near Vanderkloof Dam, escaped captivity. The croc is one of only two of its kind in the area and the owner would be willing to give a cash reward for safe return of the croc.

Last seen the croc was seen swimming away from the dam wall, just past Osplaat Eiland.

Unfortunately we only have a picture of the remaining croc to help with the search. Crocs are known to stay afloat in water for years so be on the look out!

20151020_072710

Croc’s friend missing in Vanderkloof Dam

Categories: Random | 1 Comment