Vanderkloof dam - forum: Website
Anything on this site not working? Want to see something specific but can't find it? Let us know here and we will try and assist
Back to Forum List
>>
Back to Topic List
Great Website
Posted Monday, 07 December 2009 By Ethel
Albert, baie dankie vir die groot werk wat jy gedoen het. Ek dink die website is baie goed. Alles lyk mooi georden en werk lekker.
Ek is baie trots op jou!!!
Re: website
Posted Tuesday, 08 December 2009 By Albert
Ek is bly om dit te hoor. Enige iemand is meer as welkom om iets te versoek of te stuur dat ek dit op sit, hoe meer inligting ons kan verskaf hoe beter!
Veral is ek op soek na events in die area as iemand my kan help met dit?
Toerisme info en bietjie meer oor die dorpie
Posted Sunday, 31 January 2010 By Besoeker
Ek is bly julle het nou 'n lekker webblad vir Vanderkloof! Ek mis net Toerisme Info redelik prominent iewers op die "homepage" met 'n eposadres by vir vinnige navrae.
Dan kan julle bietjie meer uitbrei oor die dorpie self - ek weet 'n paar jaar gelede was julle nog die enigste dorpie met gaslampe vir straatligte. Is dit nog die geval? Indien wel, is dit nuuswaardige info vir enige besoeker of iemand wat jul webblad besoek. Ook al die geriewe wat julle in die dorpie het om bv voornemende eiendomkopers te lok, soos die swembad, muurbalbane ens. Ek sien niks daarvan op die webblad nie, tensy ek dit heeltemal miskyk. Sulke inligting is gewoonlik 'n groot aantrekkingskrag vir voornemende besoekers/huiskopers.
Verder - baie geluk met die webblad! Dit was 'n puik idee!