Oewer Kompetisie – Vrystaatkant – 6de Mei 2017

Die NG Kerk Vanderkloof in samewerking met die hengel klub bied n oewer kompetisie aan op die 6de Mei 2017 aan die Vrystaatkant. Dit is ten bate van hul kerk fonds. Jul kan sien dat dit die regte kompetisie is om n ou paar stukkies wilds biltong reg te kry vir die winter. Inskrywing is maar R100.00 per hengelaar. Kom ondersteun die kerk se fonds insameling asb! Kontak vir Willem by 063 091 4866 of Jannie by 076 941 4297 om in te skryf!  

Read More

SAALAA Kompetisie is aan die gang!

Gister was die eerste dag van die regte kompetisies vir die SAALAA lede, dag een van die Nasionale proewe. Die wind was taai met tye, die vis nog taaier, maar die manne en dames het die lieflike dam geniet. Die Grootbek geelvisse was maar skaars gewees, hulle asook die kleinbekke en babers word op die bote gefotograveer en vrygelaat so ons het ongelukkig nog nie fotos daarvan nie. Die inweeg was egter steeds interesant en bedrywig. Daar het baie dwerg kurpertjies uitgekom en almal het darem ‘n karpie of drie…

Read More

Valentynsdag ‘sunset’ cruise na Lovers Lane…

Kom geniet hierdie Valentynsdag saam met  die spesiale persoon in u lewe. Die Malachite neem julle na ”Lovers Lane”  met sy ongelooflike mooi rotsformasies. Ons sal sorg vir iets te ete en ‘n sagte drinkdingetjie. (Indien daar iets anders – harder – sterker – is wat julle wil saam geniet met hierdie spesiale geleentheid is u welkom om dit saam te neem. Daar is ‘n yskas wat @ – 0 loop ons kan dit vir u lekker koud hou.) Vir die wat dalk iemand in die oog het hier is…

Read More