Bass onlangs in Vanderkloof gevang

Kyk bietjie hierdie Bass wat gevang is onlangs in Vanderkloofdam deur Francois Classen.

Hierdie naweek is weer perfekte weer vir enige iets wat jy dalk by die dam wil doen! Boek jouself gerus in by een van Vanderkloof se akkommodasie opsies en kom kyk wat kan jy vang!

September 2014

Related posts

5 Thoughts to “Bass onlangs in Vanderkloof gevang”

  1. Hoe groot was die bass en hoeveel het jy gevang? Die vis lyk baie gesond

  2. Francois Claassen

    Ek het nie die vis geweeg nie maar het hom op 2,8 tot 3 kg geskat. Daar was ‘n hele paar grotes onder dieselfde boom waarvan ek drie gevang het. Die ander twee was duidelik grootbekke. Toe ons agterna na die foto kyk kon ons nie help om te sien hoe baie dit na ‘n Spotted Bass lyk nie. Ek was op daardie oomblik baie verbaas oor die visse en het nie eens toe daaraan gedink dat dit dalk ‘n Spot kon wees nie. Die vorm van die vis kon ook wees a.g.v. die baie kos wat beskikbaar is in die dam.

    Ons het bass op ander plekke op die dam ook gesien. Daar is dalk meer bass as wat ons dink.

  3. Johan Jute

    Hi Francois, Pragtige vis – hoop net jy het hom nie terug gesit nie ?? Ek glo almal is baie verbaas ( alhoewel daar al lank rumours oor en vangste van bass die rondte doen ) dat die bokkers al so groot is !! Vir die voortbestaan van die ander spesies, siende dat bass nie endemies in Vanderkloof is nie, behoort ons hulle
    dan liewer te eet, voordat hulle die ander spesies uiteet nie ??

    1. Mike

      Mooi bass dis n Florida strain baas dis hoekom hy so groot is dis nie n gewoone northern grootbek of n spotted bass nie. Ek het al klomp gevang daar is te weel die skaade is al gedoen. Maak nie saak as jy hulle dood maak nie daar is al te weel. Jammer om te se maar dit sal maar nou n leke bass dam wees.

      1. Carel

        Hi Mike, is daar sekere struktuur wat die bass verkies of sekere areas wat jy hulle vang? Ek gan in desember daarna toe en wil graag meer inligting kry asb. As jy my ook net n aanduiding kan gee waarmee jy hulle gevang het sal dit gaaf wees.

Leave a Reply