Belangrike veranderinge vir bote op Vanderkloofdam

Ons het vroeer vir julle ingelig oor die washbay wat nou in Vanderkloof in werking is. Dit is niks nuuts by ander damme nie en sover loop alles eintlik heel vlot as mens wil boot ry.

Daar is egter nou ‘n paar baie belangrike veranderinge waarvan almal moet kennis neem. Aangesien die washbay ‘n diens is wat gelewer word is daar ongelukkig ‘n paar beperkings nou wat in werking geplaas is.

  • Tot en met einde September moet jy om 17:00 (ja dis 5 uur die middag) van die water af wees met jou boot.
  • Vanaf 1 Oktober 2015 tot die winter weer begin, mag jy eers 06:00 in die oggend uitgaan op die water.
  • Vanaf 1 Oktober 2015 tot die winter weer begin, moet jy 19:00 (7 uur die aand) van die water af wees.

Dit is ongelukkig hoe dit nou gaan wees. So kom maar vir ‘n ekstra dag as jy wil kom vakansie hou!! 🙂

washbay

Related posts

Leave a Reply