Boot hengel uitstappie

Die boot hengel uitstappie het toe plaas gevind op Saterdag 30 November op die Vanderkloof dam in samewerking met die Vanderkloof Hengel Klub en Vanderkloof Boat and Angling Club.

Daar was sewe bote betrokke aangesien van die ander mense besluit het om eerder op die water te speel aangesien dit ‘n lieflike dag was vir ski ens. Daar was heelwat vis gevang en die grootste was ‘n karp van 6.38 Kg, ‘n wyfie vol eiers wat weer vrygelaat was om haar eiers te laat ontwikkel. Boot hengel word in die meeste gevalle as oewer hengel hanteer. Die algemene boot eienaar wat ook hengel gebruik basies die boot om te gaan soek vir die vis of vir daardie geheime plekkie. Met die boot is dit dus makliker om te besluit waar gehengel gaan word vir watter spesie en kan die struktuur onder die water ook meer akuraat bepaal word vir die teiken spesie.

Die hengelaars het die dag basies almal gery tot by hul geheime plekkies en vanaf die oewer gehengel. Dit is egter ‘n perd van ‘n ander kleur om fisies vanaf die boot te hengel. Die tipe aas ens blybasies dieselfde, maar die stokke wat gebruik word is gewoonlik korter en stweiger as jou algemene oewer stok. Die rede hiervoor is omdat dit makliker met ‘n korter stok is om die vis tt teen die boot te bring sodat dit genet kan word. Die stokke moet stewiger wees aangesien jou vis baie harder trek aan die lyn in oop water as teen die oewer.

U moet onthou dat die vis hier dieper water het en baie meer beweeg ruimte het as in vergeleke teen die oewer. Die hengelaar moet ook ander lyne meer ingedagte hou asook die anker tou. Die vis kan die lyn makliker verstrengel om ander lyne of die tou en dit lei gewoonlik tot die breek van lyne. Die weer moet ook meer aandag kry aangesien wind ‘n groot veilgheids risiko vir die boot inhou. Teen die oewer kan ‘n hengelaar redelik maklik skeiling kry teen die elemente, maar op die boot is dit ‘n ander storie. Skeiling moet gesoek word, klippe vermy word teen die oewer ens. Sou die boot meganiese probleme opdoen dan is hy basies soos ‘n eendjie in die bad, hy dobber rond en faktore (weer) buite jou beheer besluit waarna die boot gaan. Dit is egter baie lekker om die spesie te gaan soek wat jy wil teiken en as jy die omstandighede en water toestande reg gelees het sal jy beslis goeie vangste verkry, beter as vanaf die oewer.

Volgende keer sal ek meer uitbrei oor waaraan bote alles moet voldoen en die skipper se vereistes aangesien baie meer mense hul bote in Desember aanwend as in ander maande. Vertrou dit sal in orde wees.

Hieronder is ‘n foto wat drie van die bote aantoon waar hulle teen die oewer lê en die hengelaars hengel. Die tweede foto is van Francois Loubser met sy geelvis wat hy gevang het, let op die korrekte manier waarop hy die vis vashou en dis ook naby aan die grond en teen die water, sou die vis uit sy hande glip dan sal dit nie so hard val nie en die vis word sodoende beskerm. Die derde foto is van Orlando Martins (oud inwoner van De Aar) en sy seun JP waar Orlando sy seun gehelp het om ‘n babertjie te net. Wys jou net watter tipe gesins sport hengel kan wees.

Verskaf deur Francois Fouche

Related posts

Leave a Reply