Boot inligting vir ALLE boot eienaars wat Vanderkloofdam wil besoek.

Neem asseblief kennis van die volgende sodat jy voorbereid is vir jou besoek.

Die Washbay by Vanderkloofdam is al vir maande in werking maar word nou in volle vaart ingebring. Hier is hoe dit werk.

  • As jy eenmalig wil bootry gaan jy na die washbay en vul die vorm in. Jy kry dan ‘n rooi tag. Hulle sal jou boot was en dan gaan ry jy rond. Jy moet voor 7 uur die aand terug wees by die jetty en hulle sal jou boot was as jy uit kom.
  • As jy vir ‘n naweek wil bootry, (of te wel tot en met 3 dae) kry jy ‘n ander tag, dan word jou boot die eerste dag gewas en weer die laaste dag as jy uitkom. So tussen in kan jy kom en gaan soos jy wil jy vil net ‘n “voyage vorm” in wat basies net se waar jy gaan ry en wie almal op die boot is.
  • As jy vir ‘n week kom kan jy ‘n derde tag kry wat jy vir 7 dae toegang tot die dam kry. Weereens word jou boot net die eerste keer gewas en dan weer as jy op die einde van jou besoek (maks 7 dae op ‘n slag) jou tag terug gee.
  • Vir plaaslike bote is daar ‘n swart tag. Jy moet aansoek doen vir hom vooraf en hy moet deur die bootklub en Waterwese goedgekeer word. Dit is NET vir bote wat in die dorp bly en nooit op ander damme gaan ry nie. As jy ‘n swart tag het word jou boot net elke 3 maand gewas en jy kom en gaan soos jy wil. Jy vul net ‘n vormpie in (jy kan afskrifte by die huis maak as jy wil) wat se waar jy gaan ry en wie is op jou boot. So as jy by die washbay kom gee jy jou vorm en launch jou boot.

Jou boot sal deur die washbay mense gecheck word om te sien dat jy darem die nodige veiligheids toerusting op het. Sorg dat jy al jou nodige papiere soos COF, COC en Skippers by jou het. As hy die vorige dag verval het, het hy verval en gaan jy nie op die water kan gaan nie.

As jy ‘n kayak of canoe ry moet jy ook by die washbay gaan aanmeld. Jou boot sal nie gewas word nie maar jy moet die papierwerk (dis 1 bladsy wat jy in vul om te se waar jy gaan) doen.

Dus as jy daar kom en iemand gaan net verby, hulle moet ‘n tag he, swart tag bedoel hulle is plaaslike mense, enige iets anders as ‘n rooi tag hoef hulle nie elke dag gewas te word nie. So wees geduldig en doen net die bietjie admin, dit gaan ‘n paar minute vat. Dit gaan een van die dae by alle damme in Suid Afrika toegepas word so aanvaar dit net. Dit werk al vir ‘n hele paar maande in Vanderkloof so en ons ry baie boot sonder probleme.

Stoor ook die UPN besonderhede (bord met die details is by die jetty as jy jou boot launch) vir ingeval jy ‘n probleem optel terwyl jy boot ry, hulle is rerig vinnig en sal jou met enige situasie kan help!!

Related posts

8 thoughts on “Boot inligting vir ALLE boot eienaars wat Vanderkloofdam wil besoek.

  1. James van Zyl

    Baie dankie vir die goeie kommunikasie en netjiese stuk inligting , dit maak alles soveel makliker as jy vooraf ingelig is . Baie dankie vir julle pro aktiewe optrede ! Ons kom die dam in Desember vir die eerste keer besoek .

    1. Vanderkloofdam.co.za

      Dankie vir jou terugvoer en ek glo jy sal jou eerste besoek hier geniet!

  2. robert loubser

    Is daar iemand by Vanderkloof wat COC en COF doen?

    1. Vanderkloofdam.co.za

      Hi Robert.
      Ja jy kan vir Abre Coetzee kontak 0828055915

      1. robert loubser

        Baie dankie ek sal vir Abre kontak.

  3. Kobus Rautenbach

    As my boot se motor 8hp is wat se dokumente het ek als nodig.Dankie Kobus Rautenbach.Die COF is dit die wae se padvaardigheid.Skippers licence vir boot met enjine bo 15hp is ek reg?

    1. Vanderkloofdam.co.za

      Vir 8hp moet jy net lifejackets he. Jy moet nogsteeds by die washbay gaan en jou vormpie in vul (baie kort) om te se waar jy gaan. Enige iemand wat op dam gaan moet dit doen of jy nou gaan roei of bootry maak nie saak nie

  4. Dit is nodig om te weet dat ALLE vaartuie moet buoyancy en veiligheidstoerusting dra, ongeag of die skipper vrygestel is van ‘n lisensie.

    Sien SAMSA Marine Notice No. 13 of 2011 para 2.1.2

    4. All vessels (regardless of the fact that some are exempted from skipper‘s certificates and certificates of fitness) must carry the appropriate and relevant safety equipment according to the vessel category and type;
    (Note that vessels described as personal water craft of less than 3 metres (ie. jetskis and other similar vessels), motor vessels of 15 HP or less, sailing vessels under 7 metres, and non-power driven vessels are exempted from certain safety requirements but are still however required to carry the safety equipment required by annex 2 as well as have sufficient buoyancy.)

Leave a Reply