Boothengel kompetisie

Hi almal, ons hou ‘n Klub boot hengel kompetisie vir die 22ste Februarie op die dam. Dit begin om 07:00 te Crolia baai en eindig stiptelik daar om 17:00 vir die inweeg. Ons doen dit maar om die hengel aan die gang te hou hoewel dit nie ons eintlike gebied en area is van hengel nie.

Albert van Vuuren het plek vir 10 hengelaars op sy boot teen R100 p/persoon, kontak hom by 0824428175 vir bespreking. Al is jy nie ‘n lid van die klub nie, kan jy steeds deel wees van die dag en die hengel saam geniet. Geen inskrywings fooie of pryse nie aangesien dit nie ‘n amptelike kompetisie is itv ons klub reës nie.

Die watergras is steeds ‘n probleem by ons normale hengel gebiede asook die toegang daarvan, maar ons werk daaraan. Heerlike dag vir almal.

Related posts

Leave a Reply