Bootklub se washbay is nou oop en in werking

As jy beplan om met jou boot op die Vanderkloofdam te kom ry neem asseblief kennis van die volgende.

Die “washbay” is nou in werking. Wat dit beteken is dat jy teken nou nie meer by die polisiestasie uit nie. Jy ry reguit na die bootklub se jetty toe. Daar sal jy by ‘n blou container stop met jou boot nog op sy sleepwa. Jou boot sal met chemikalie afgespuit word en jou boot se papiere en veiligheids toerusting sal nagegaan word. Jou skippers sal ook bevestig word en jy sal ‘n vorm in vul om uit te boek.

Daarna, as al jou goed reg is, kan jy die dam gaan geniet. As jy uitkom sal jou boot weer gespuit word.

carboot

Dit is nog ‘n nuwe stelsel (Nou so amper ‘n week in werking) so wees asseblief geduldig, die ouens daar probeer ook maar net doen wat vir hulle gese is om te doen. As jou goed reg is en jy met ‘n goeie houding daar aan kom, sal jy binne ‘n paar minute op die water wees. 

Moet dus nie dam toe kom as jy nie al jou papiere en toerusting wat jy nodig het, saam het nie, dit sal dit net onnodig moeilik maak om op die water te kom.

Related posts

3 thoughts on “Bootklub se washbay is nou oop en in werking

  1. Lampies Lamprecht

    Baie dankie vir julle omvattende inligting. Ek neem aan dat ons ń Noord Kaap Hengellisensie moet bekom? Waar en by wie is dit moontlik?
    Goete Lampies Lamprecht

    1. Danie

      Ek beplan n 5 dae hengel trip na Van der Kloofdam vroeg in Desember.
      Wat is die reeling omtrent oorslaap op die dam, ek verstaan dit was vroeer toegelaat, of moet jy van die dam afwees na 7.

      Groetnis Danie

      1. Vanderkloofdam.co.za

        Jy moet skriftelike toestemming kry vir dit, verder is daar nie iets wat jou keer nie. Kontak Abre Coetzee van DWAF of Johan by Midas vir toestemming.

Leave a Reply