Bostoe bootritte – wat om te verwag

Tot ‘n paar weke terug was bootritte vir enige iemand wat nie sy eie boot het nie tegnies onmoontlik en as jy iemand kon kry wat jou met sy boot uitvat, was dit ‘n guns wat jou ‘n arm en ‘n been gekos het en eintlik onwettig was ook nog. Maar nou is daar ‘n fantastiese opsie vir enige persoon om die dam te kan verken en ervaar wat maak Vanderkloofdam, Suid Afrika se beste dam!

Bostoe bootritte het ‘n perfekte boot wat jou en tot 11 van jou vriende en familie kan vir ‘n lekker toer oop Vanderkloofdam vat. So hoe werk dit en wat ‘kry jy’ ? Begin deur Pieter te kontak en jou plek te bespreek. Alles wat die moeite werd is moet vooraf bespreek word. (Die kostes is bitter min vir die ervaring so doen dit net!) Dan ontmoet jy vir Pieter by die Malachite se huis waar jy ‘n vinnige oorsig kry van die dam en waar jy gaan ry op ‘n pragtige kaart van die hele dam. Van hier sal Pieter en sy mense jou na die dam vergesel terwyl jou eie voertuig veilig in die skaduwee kan staan.

Die Malachite is perfek toegerus vir die rit en jy sal ‘n paar verversings op die trip kry, toevallig nes jy dors word sal hulle langs jou staan met ‘n yskoue koeldrankie, en dan nes jou kinders lus is vir ietsie om te eet sal hulle weer verskyn met ietsie vir hulle. Jy kan ook jou eie verversings vat, die boot het meer as genoeg spasie vir jou koelboks en jou pel se koelboks as hy sy eie ‘sappies’ wil saamvat.

Ons het om 14:30 vertrek, alles wat interesant is word by stadiger gery vir fotos, diere word uitgewys en interesante plekke word van vertel. Op die goeie plekke kan jy maar weet dat Pieter vir jou kans sal gee om ‘n paar goeie fotos te neem. Op die minder interesante plekke sal die Malachite nou en dan bietjie bene rek en sal jy die wind deur jou hare voel terwyl jy in Bergrivier afry, bobbejane in Lover’s Lane sien of in Grootwater ‘n vinnig “dip” in die langste dam in Suid Afrika geniet om af te koel, of net om te sê “ek het in die huis van die Grootbek Geelvis geswem al.”

Die bootrit sal oor die algemeen so 3 ure wees, jy sal heeltyd veilig voel, maar wees gewaarsku, jy sal verlief word op Vanderkloof Dam, of jy nou jou eerste keer hier is en of jy nou al jare in Vanderkloof bly!!

Ek kan dus uit eersterangse ondervinding die bootritte as die eerste ding op jou “moet doen” lysie vir jou besoek aan Vanderkloof sit, iets wat jy vir altyd sal onthou as een van die beste plekke in Suid Afrika. Dit boot het ‘n baie effektiewe dakkie wat jou uit die ergste son sal hou en enige iemand sal gemaklik wees, maak nie saak van ouderdom nie.

Die Malachite is die enigste boot wat wettiglik mag boot ritte doen op Vanderkloofdam. Ondersteun gerus vir Pieter, hy doen ‘n ongelooflike goeie job om jou ‘deel van die familie’ te voel en nogsteeds dit baie professioneel te maak. Bostoe, Vanderkloof toe!

Vertrektyd: 14H30

Bespreek by: Pieter 082 550 7689 of Susan 053 664 0021 of Boot@bostoe.co.za

Related posts

3 Thoughts to “Bostoe bootritte – wat om te verwag”

  1. Robert

    Pieter en Susan,

    Alle sterkte. Dit is een van die beste dinge wat nog by Vanderkloof bygevoeg is.

    1. Vanderkloofdam.co.za

      Defnitief. En ook een van die beste “aktiwiteite” in die area vir oud en jonk!

Leave a Reply