Herfs Konsert – 16 Mei 2014

Vanderkloof hou “Herfs Konsert” Vrydagaand om 18h30 in die NG Kerksaal. Kom ondersteun ons asseblief vir ‘n lekker aandjie uit voor dit te koud word! Kaartjies is R30 volwassenes en R20 vir kinders en is verkrygbaar by “Menslief Koffiewinkel” en by die Kerkkantoor. Kerrie en rys gaan ook te koop wees. Die fondse gaan aangewend word vir ‘n baie goeie doel – sendingstasie in die Transkei. Ons plaaslike kunstenaars gaan optree en dit gaan ‘n onvergeetlike aand wees!!

Read More

Eerste markdag 27 Julie

Vanderkloof se eerste Markdag het vandag plaasgevind en was ‘n groot sukses wat baie potensiaal het om ‘n groot fees elke maand te word! Stuur gerus fotos aan info@vanderkloofdam.co.za dan plaas ons dit op die website. Hou hierdie blad dop vir inligting oor die volgende markdag! Sluit aan by Vanderkloof Tourisme se Facebook blad: https://www.facebook.com/vanderkloof.tourism.9  

Read More

Vanderkloof Markdag – 27 Julie 2013

Die groot oomblik het aangebreek: Stalletjies is gratis tensy u ‘n krag punt benodig (R120) Bespreek u stalletjie vroegtydig by Rika 082 909 0247 Die dag se vermaak sluit onder andere in: Mini Bier Tuin, “Live music”, Spitbraai, worsbroodjies met verskillende soorte wors, Pizzas vars uit die oond, Vars groente en vrugte, tuisgemaakte produkte, handgemaakte artikels. “Garage/boot sale” Kom geniet ‘n suksesvolle gesinsdag! Neem kennis: U insae is baie welkom om hierdie markdag meer suksesvol te maak met die oog op om dit ‘n maandelikse instelling te maak in Vanderkloof!…

Read More

Heerlike heuning te koop @ Menslief

Heerlike heuning van ds Pieter is nou te koop by Menslief Craft Shoppe in Vanderkloof. Dit kom direk van sy bye korwe in Transkei en is deur ‘n kenner geklas as baie goeie gehalte heuning! Verkope gaan vir die Jesus Film waarby ds Pieter baie betrokke is. Maak gerus ‘n draai by Menslief Craft Shoppe en kry sommer ook van hulle nuwe voorraad “Flippen Leka Spice” wat ideaal is oor ‘n lekker vleisie op die kole of gebakte eiers.

Read More

Markdag @ Menslief Crafte Shoppe

Menslief Crafte & Coffee Shoppe beplan om maandeliks ‘n Markdag op die tuine in Disa straat te hou. Daar sal lekker worsbroodjies, pannekoek en vele ander lekker goed wees om te eet en drink. Bring jou eie gebak, plante, skilderye, handewerk of enige iets anders wat jy wil verkoop! Vanderkloof se eie boeremark kan net GROOT PRET wees! As jy belangstel kontak gerus Menslief Crafte & Coffee Shoppe      

Read More

Menslief Craft & Coffee Shoppe

Disa Street, Vanderkloof Kom drink ‘n lekker koppie koffie/tee saam met heerlike Swartwoud/Vla/kaaskoek, wortelmuffins. In die hitte kom drink ‘n yskoud melkskommel – al die geure beskikbaar. Allerhande handgemaakte kuns items is beskikbaar. Ook die enigste plek om jou Vanderkloof “souveneurs” te kry!

Read More