Deon Meyer – Koors

KOORS

deur Deon Meyer

Ek wil vir jou vertel van die moord op my pa.

Ek wil vir jou vertel wie hom vermoor het, en waarom. Want dit is die storie van my lewe. En die storie van jou lewe en jou wêreld ook, jy sal sien.

Ek het lank gewag voor ek dit doen, want ek dink ’n mens het wysheid nodig, en insig. En afstand. Ek dink ’n mens moet die kwaad — eintlik seker al die emosies — eers onder die knie probeer kry.

Ek is vandag sewe-en-veertig. Net so oud soos my pa was toe hy dood is, in die Jaar van die Leeu. Dalk genoeg afstand van die gebeurde, maar ek weet nie of ek ooit die nodige wysheid en insig sal ontwikkel nie. My kommer is dat ek baie van die belangrike gebeure en mense en ervarings gaan begin vergeet. Daarom wou ek nie langer wag nie.

Hier is dit dus. My memoir, my moordstorie. En my exposé, sodat almal kan weet.

 

Het Jy Geweet?

KOORS speel hoofsaaklik af by die dorpie Vanderkloof, langs die Vanderkloofdam in die Oranjerivier.

Dit is die plek wat die hoofkarakter Nico Storm se pa kies om ‘n nuwe gemeenskap te vestig, nadat ‘n virus meer as negentig persent van die wêreld se bevolking uitgewis het.

Twee van die grootste redes waarom Willem Storm Vanderkloof gekies het, is omdat die dorp hoog in die heuwels lê, en maklik verdedig kan word, en omdat dit oor hidro-elektrisiteit beskik.

Koors

 

Blad se inhoud verkry vanaf www.deonmeyer.com

Related posts

Leave a Reply