Get More Lodge

Get More Lodge is die nuwe naam van die bekende verblyf- en restaurant kompleks te Vanderkloof, voorheen bekend as Pride Rock Lodge en daarmee saam het onder nuwe bestuur die kompleks ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. Die nuwe bestuur en besigheidseienaars betaan uit Paul en Sindy Janse Van Vuuren, Riaan Gouws en Antoinette Job en hul oorhoofse doel is omo Get More Lodge te ontwikkel in ‘n topgehalte uitspanplek vir gesinne, oornagbesoekers en naweekwegbrekers.

Ingrypende opgradering het reeds plaasgevind met van die kamers wat nuut oorgedoen is, die braairestaurant wat ‘n metamorfose ondergaan het, die reuse sitkamer wat heringerig is en die terrein en tuine wat opgegradeer is. Ander opgraderings sluit in die ontspanningsaal, die kroeg en die swembad, terwyl ‘n haarsalon op die perseel geopen het.

Paul en Sindy, wat met hul drie kinders inwonend op die perseel is, hou persoonlik toesig. Paul het uitgebreide algemene restaurant- en bestuurservaring, terwyl Sindy benewens ‘n gekwalisifseerde haarkapper ook beproefde ervaring in die gasvryheidsbedryf het.

Get More Lodge beskik oor 18 kamers waarvan 3 luuks is met direkte tuintoegang, 7 kamers is in die besigheidsklas en 8 is ekonomiese klas. Al die kamers is en-suite met verskillende DSTV-pakkette. Die braairestaurant met opgeleide personeel het reeds begin naam maak vir sy uitstaande biefstukke, terwyl die spyskaarte vir die etes per dag, asook ligte etes met slaai tussendeur, elke dag spesiale aanbiedinge bevat.

Hierdie aanbiedeing verskyn o.m. op die Facebook-blad van Get More Lodge.

Daar is ‘n aparte ontbytvertrek wat met sy kaggel vir die wintermaande in ‘n snoesige eetplek omskep word. Die restaurant en kroeg is ten volle gelisensieer. Konferensie fasiliteite vir tot 80 persone is beskikbaar.

Die ontspanningsaal beskik oor ‘n jukebox met meer as 20000 musieknommers, sowel as ‘n poeltafel en ‘n groot TV-skerm. Die kolossale tuin van Get More Lodge is bekend vir sy unieke subtropiese aard midde-in die Bo-Karoo.

Een van die wesenskenmerke van Get More Lodge met sy ligging op die hoë heuwel is die panoramiese uitsig oor Vanderkloofdam – die tweede grootste dam in SA. Voorts is daar sowat 100 meter vanaf die geboue ‘n voetpad na ‘n reuse kruis – sover bekend die tweede grootste in SA. Die kruis word snags verlig.

Get More Lodge beskik oor volop parkering vir sleepvoertuie met bote en is afgesien van sy ligging naby die dam met boot- en hengelgeriewe, ook maklik toeganklik na Rolfontein Natuur- en Wildreservaat, Asook ander besienswaardighede langs die Oranjerivier. Dit vorm ook ‘n ideala oorblyplek op ‘n alternatiewe roete tussen die noordelike provinsies en enige plek langs die hele Kaapse kus.

Alle tariewe by Get More Lodge is uiters bekostigbaar. Die bestuur wys egter daarop dat daar geen selfspyseniering toegelaat word nie en dat slegs van die dienste van Get More Lodge gebruik gemaak mag word.

Die bestuur van Get More Lodge verwelkom graag alle gaste en besoekers en nooi hulle om die slagspreuk Home away from home te toets. Ten slotte noem hulle dat deurentyd gestreef word om die onderneming Christelik-verantwoordbaar te hou.

Vir meer inligting of om te bespreek kontak Get More Lodge by 053 664 0242

Related posts

One Thought to “Get More Lodge”

Leave a Reply