Hengel Kompetisie – 27 April 2013

Ons het op die 27ste April ‘n ope oewer hengel kompetisie by die Rolfontein natuur reservaat. Die ingang is te Petrusville, 15km vanaf Vanderkloof. Die kompetisie begin om 07:00 en eindig om 16:00. Inweeg sal teen die oewer wees om 16:30. Die kompetisie word geborg deur OK Value te Vanderkloof. Inskrywings sal al vanaf 06:00 by die hekke geneem word en beloop R50.00 per hengelaar. Prys vir die grootste karp is R1500-00, grootste baber R500-00 en grootste moddervis R500-00. Nie te versmaai so net voor die winter nie. Kontak Francois Fouche vir rigting aanwysings indien jy nie weet waar die ingang is nie asook vir verdere inligting by 0828219457. Stywe lyne groete.

Related posts

Leave a Reply