Hengelklub uitstappie

Die oewer hengel klub het so bietjie die boot hengel sport gaan aanvat vir die dag op die Vanderkloof dam. Die water was lieflik en dit was nogal warm gewees. Die visse het goed gebyt. Ons het ‘n wonderlike dam en soos jul weet is dit die tweede grootste dam in die land. hier is baie plekke om te verken maar wees gewaarsku, daar is ‘n paar gevaar plekke. As jy vir die eerste keer op die dam gaan, dan moet jy liefs by die ou hande hoor waar is die gevaar punte.

Besoek gerus die hengelklub se Facebook blad vir meer inligting!

Related posts

2 thoughts on “Hengelklub uitstappie

  1. Kobus van der Merwe

    Goeie dag.

    Ek kom middel Desember vir die eerste keer met my boot Vanderkloof toe. Sal baie graag meer inligting wil he oor die moets en moenies van die gebruik dam. Bv ek lees mens mag nie nader as 50m van die wal kom nie agv die Rolfontein Natuur reservaat. Kan iemand sulke inligting asb bevestig.

    Baie dankie

    1. Albert vd Westhuizen

      Die plekke waar jy nie mag gaan op die water nie is duidelik gemerk. Jy moet by Crolia baai jou boot launch en net eers by die SAPS in de dorp aanmeld. Daarna is maar net die gewone reels van toepassing soos boot moet darem wettig wees en jy moe skippers he. Die weer en die dam is perfek op die oomblik so geniet jou trippie!!

Leave a Reply