Hengelklub vergadering terugvoer

Groete aan al ons hengel vriende. Ons het die laaste klub vergadering vir 2013 gehou op 2013-12-10. Om julle op hoogte te bring, hiers is ‘n kort oorsig.
Die klub het besluit dat ons nie eers toilette aankoop nie aangesien ons nie permanente hengel grond nie. Dit sal ook beter wees om te wag sodat die klub dan beter sal weet watter tipe geriewe benodig sal word.
RDP plan – Geen nuwe verwikkelinge nie. Mnr Abrie Coetzee het wel my meegedeel dat die nuwe ordinasie gefinaliseer is van die Noord-Kaap hengel vir 2014 en dat alle vis spesies wat gehengel kan word, gaan op ‘n vang en neem basis gedoen moet word, m a w, geen “catch and release” vir enige spesie nie. Francois sal die dokument bekom sodra Mnr Coetzee dit het. Daar gaan ook verwag word dat die klub ‘n hengel program vir die 2014 jaar moet gee bo en behalwe elke permit aansoek om ‘n kompetisie aantebied.
“Vrystaatkant” –Die die watergras is steeds baie en oewer hengel sal tans nie moontlik sal kan wees nie. Op 2013-11-30 was die gras sigbaar tot 40 meter vanaf die oewer. Hengelaars sal lyn verloor wat finansieële implikasies het en ook dat die lyne ‘n gevaar inhou vir die eko sisteem. Die area sal gemoniteer word en lede sal op hoogte gehou word. Oom Willem (voorsitter) het genoem dat hierdie omstandighede dit baie moeilik maak vir die klub om hengel aan te bied, maar dat die klub alles sal doen om die lede ‘n hengel area te gee. Hy probeer tans om te reel by ‘n boer te Orania om teen die rivier te gaan hengel op ‘n plaas en dan sal mens moontlik kan oornag ook wat tans nie beskikbaar is te Vanderkloof nie. Die klub het ook terugvoering gekry dat die Balanseer damme ook nie beskikbaar is vir hengel nie.
Ek het genoem dat daar wel ‘n hengel uitstappie gehou was op 2013-11-23 na die rivier onder by die laagwater brug. Daar was so 7 klub lede wat met kuns en vlieg hengel probeer het. Hoewel geen vis gevang was nie, was daar ander mense wat dieselfde tipe hengel gedoen het en het hulle wel met die vlieg hengel sukses behaal. Ek het ook ‘n berig daaroor aan die Echo koerant gestuur en was die berig in die 2013-11-29 uitgawe gepubliseeren ‘n verdure berig volg oor die boot hengel wat die 30ste November plaas gevind het. Daar was wel lede wat gaan boot hengel doen het en goeie vis was gevang. Die lede het egter nie almal saam vertrek of terug gekeer nie en was geen rekord gehou van die vangste nie. Ek het die versoek aan die Vanderkloof Boat and Angling Club (VBAC) gerig dat daar ‘n behoefte is na ‘n boot hengel kompetisie en sal hul voorsitter terugvoering lewer nada thy insae met sy lede gehad het.
Ek het ook genome dat Mnr André Grundling van ECO hengel met my in aanraking was en dat die manne van ECO graag hul produkte aan die klub wil kom bekendstel en demonstreer. Ons sal hulle nooi sodra daar ‘n gepaste kompetisie of hengel geleentheid is en sal verbinding met hulle hou.
Die voorsitter het alle lede en vriende van die klub ‘n geseënde Kerstyd en ‘n voorspoedige nuwe jaar toegewens.

Related posts

Leave a Reply