Inligting vir boot eienaars

Daar is baie verskillende weergawes van wat is die situasie as ek wil bootry op Vanderkloofdam. So hier is die feite, nie noodwendig die reels nie, net wat tans in werking is en reg is.

(Hierdie is ‘n baie boring artikel maar dis oor reels en goed so lees maar tot die einde)

  • As jy wil bootry moet jou boot wettiglik reg wees, alle veiligheids toerusting en papiere moet reg wees en jy moet reg wees om enige iets te kan wys aan die wash bay operateurs voor jy op die water gaan. Hulle sal ‘n spot check doen en as hulle besluit jy het nie alles wat jy moet he nie gaan jy nie kan op die water gaan nie
  • Jy kan direk na die bootklub se hek ry, dis aan die onder punt van Aalwyn Straat, jy hoef nie meer by die polisie stasie in te teken nie.
  • As jy onder by die dam kom sal jy ‘n blou container sien. Stop daar en vul die vorms in.
  • Die vorms is nogal baie (so 3 bladsye) maar dis als nodig en  vat net ‘n paar minute. Terwyl jy dit doen sal hulle solank jou boot inspekteer vir bogenoemde veiligheids toerusting
  • Jy moet jou Skippers lisensie en boot se papiere ook sommer gereed hou vir ingeval hulle dit wil sien.
  • Arriveer met ‘n goeie houding by die washbay anders gaan jy baie lank vat voor jy in die water kom, indien enigsens. Sedert die washbay oop is het ons al baie gaan ry en nog nooit onnodig ‘n probleem gehad of slegte houding van hulle af nie.
  • Jy sal dan ‘n rooi plastic “tag” kry wat jy op jou boot moet hou ter alle tye wat jy op die water is. Jy MOET die tag weer terug gee vir die washbay as jy uitkom.
  • Voor jy in die water in gaan sal hulle jou boot met chemikalie af spuit. As jy uitkom sal hulle dit weer doen.
  • As jou boot in die dorp bly en nie na ander damme ooit gaan nie, sal jou boot nie elke keer afgespuit word nie. So dit gaan nie help om opgewonde te raak as jy moet wag dat hulle jou boot afspuit maar die ander ou vul net vorm in en ry verby nie. Dis hoe dit is. As jy dit nie like nie trek Vanderkloof toe.
  • Jy kan basies op die dam wees enige tyd wat die son skyn. Jy moet net teen 7 uur af kom in die aand.
  • As jy wil oorkamp langs die dam moet jy skriftelike toestemming kry by die bootklub. Maak ‘n draai by Midas vir meer inligting. Dit is nou die Midas in Vanderkloof, nie enige Midas nie 🙂

Net ‘n laaste gedagte. Vanderkloofdam is Suid Afrika se langste dam. Dit bedoel as die wind waai raak die golwe groot. Baie groot. Praat bietjie met mense wat al jare hier boot ry en almal sal jou kan vertel hoe groot die golwe word in plekke soos Grootwater of selfs voor die dorp. Net oor jy ‘n Hilux ry meen nie jou boot kan nie om tiep in ‘n frats golf nie. Trek maar jou life jackets aan sommer voor die wind nog begin waai!

Die bottom line, as jou goed reg is, sal jy kan bootry soos jy wil waar jy wil. So sorg net dat jou goed reg is en dat jy met ‘n goeie attitude Vanderkloof toe kom. Jy kom tog om te relax nie om met ‘n washbay ou te staan en strei oor hoekom het jy nie jou skippers by jou nie. 🙂

Related posts

4 Thoughts to “Inligting vir boot eienaars”

  1. Dit is ‘n riem onder die hart om te hoor daar is damme wat die veiligheidsreëls goed toepas. Op die einde van die dag is dit om te verseker dat die sport veilig beoefen word en vir almal ‘n plesier is. Elke reël het ‘n rede en dit is nie net om mense se tyd te mors of, soos party mense dink, om geld te maak nie.

    Wettig skippers (die met ‘n lisensie) verstaan en ken die reëls.

    Onthou, enige vaartuig met ‘n motor van 15 pk of meer (insluitend jet ski) moet ‘n COF hê en kan net deur ‘n wettige gelisensieerde skipper bedryf word. Om jou boot op binnelandse water te bedryf het jy ten minste ‘n R klassifikasie nodig. Om dit te kry moet die volgende op jou boot wees:

    1. Dravermoë (Buoyancy) moet ten minste 30% van die totale gewig van die boot met maksimum passasiers, wees. Jy ontvang ‘n sertifikaat daarvoor wat gewoonlik 5 jaar geldig is.

    2. Reddingsbaadjies – een vir elke passasier waarvoor die boot geklassifiseer is. Die baadjies moet SABS goedgekeur en in ‘n goeie toestand wees.

    3. ‘Bailing Bucket’ – om water uit te skep indien daar ‘n lek is. ‘n Metaal emmer is ‘n goeie idee aangesien dit kan gebruik word om geraas te maak in swak lig soos mis ens.

    4. Brandblusser. Een minimum 1.5kg droë poeier blusser per motor. Moet regop naby die motor geïnstalleer wees. SABS goedgekeur en gediens word elke 12 maande deur ‘n goedgekeurde SABS handelaar. Daar is brandblussers in die mark wat nie gediens hoef te word nie. Hulle is ook ligter – die belangrikste is dat hulle ten minste 20 sekondes blaas moet kan gee.

    5. ‘Kill Switch’ – Moet met ‘n toutjie aan die skipper vas gemaak kan word. Dit neem gewoonlik 5 sekondes om die skakel in plek te sit en tog word dit gewys in ongeluk statistieke dat min skippers dit gebruik. Vele mense is al noodlottig beseer nadat die skipper oorboord geval het en die enjins nie uitgesny het nie.

    6. Brandstoftenk. Moet nie van plasties wees nie. Nie naby die battery of elektriese kabels nie en in ‘n goeie geventileerde area gestoor word.

    7. Noodhulpkassie met handleiding. ‘n Noodhulpkassie met ten minste die volgende moet ten alle tye aan boord wees;
    a. Antiseptiese wond skoonmaker soos Dettol – ten minste 50ml.
    b. Deppers (Sagte lappies) om wonde mee skoon te maak.
    c. Watte (100g)
    d. Steriele gaas – minimum van 10
    e. Tangetjie (Forceps) om splinters te verwyder.
    f. Skêr – ten minste 100mm
    g. Stel haakspelde
    h. Driehoekverbande x 2
    i. Verbande (75mm x 5m)– 2 rolle
    j. Verbande (100mm x 5m)– 2 rolle
    k. Pleister – 1 rol
    l. 2 Pare (groot) en 2 pare (medium) Latex handskoene
    m. Een stel CPR mondstuk

    8. Anker. Die anker tou se lengte moet ten minste 3 x die diepte wees van waar jy wil anker. ‘n Ketting van ten minste 3 meter wat die tou en anker aanmekaar vasmaak.

    Wees geduldig met die reëls. – kan net ons water veilig maak!

  2. Marius

    Hi im looking for second hand life jackets it must still be in good conditions

  3. kobus 0828258446

    ek is tans besig om ‘n boot te restoureer. Is daar nie erens ‘n diagram waar ek my sigbaarheids ligte moet plaas nie. Hoe bepaal jy die boiyanci van ‘n boot 30% van wat. As ek ek my maat bv 680kg weeg en boot en enjin bv 400kg totaal 1080kg. wat is die boiyanci dan en hoe bepaal ek of my boot reg sal wees?

  4. Vanderkloofdam.co.za

    Kobus, aangesien jou boot nie na sonsonder mag op die dam wees nie het jy nie volgens wet sigbaarheids ligte nodig nie, dus kan jy hulle eintlik seker plaas waar jy wil want dis meer net vir jou eie ‘decoration’.

    As jy en jou maat 680kg weeg weet ek nie hoe jy gaan op jou boot klim sonder hulp nie… maar op ‘n meer ernstige noot, gestel jou boot en enjin(s) weeg saam 1080kg. dan moet jou boyency dit kan bo hou as jou boot totaal vol water getap word, onthou as jy hom ‘n lek kry in jou hull in gaan dit ook vol water raak, as jy klip tref of iets in die ry gaan jy baie water kan inneem. So jou boyency moet gerate wees vir 30% van die 1080kg volgens wet.

    Jou boyency materiaal sal spesifiekasies he van hoeveel skuim of ‘sheets’ jy nodig het per 100kg. Dit sluit uit jou passasiers, aangesien elke passasier ‘n lifejacket moet he wat sy eie gewig sal kan dra. So dit sluit in jou boot, alle petrol met ‘n vol tank + jou extra petrol, alle gereedskap op die boot bv Ankers, Batterye, ens. en dan jou motor.

    Jy moet jou boyency in sit sodat as jou boot wil sink dat die enjin wat die swaarste is, bo die water sal uitsteek of ten minste die hoogste punt sal wees, met ander woorde probeer soveel boyency aan die agter kant van die boot in bou as wat jy kan, en spasieer dan bietjie die res uit na vorentoe sodat dit die boot ‘plat’ sal hou in die water as hy onderste bo is, dit gee meer plek vir passasiers om op die boot te kan sit of vas te hou. Ek het my boot se boyency self in gesit, en hy het so paar maande later gecapsize op Vdk dam, hy het wel glad nie gesink nie en almal was veilig en ons het die volgende dag eers die boot uit die water gaan haal. Daaruit kan ek wel vi rjou se, hulle se 30%, mik vir 50% eerder. Jy gaan nie spyt wees nie en dis nie duur of moeilik om self in te sit nie.

    Ek kan wel se die ‘sheets’ wat mens kry is baie maklik om in te sit en self te doen sonder dat jy jou boot kan beskadig, die skuim gaan jy moet iemand kry wat weet wat hy doen aangesien dit baie ‘expand’ as jy dit in spuit en sterk is so dit kan jou boot letterlik kraak as jy te veel op die verkeerde plekke in spuit. Die sheets wat ek in my boot gehad het se spesifikasies was basies 1 kubieke meter = 1000 kg boyency, so ek het so 0.24 kubieke meter boyency in gesit, wat meer as genoeg was. Jy sny dit in ‘blokke’ wat jy in alle hoeke en gaatjies in vas plak met gom.

    Die sheets lyk so iets:

    https://www.efoam.co.uk/closed-cell-polyethylene-foam.php

    Laat weet my gerus indien jy nog vrae het, ek hoop dit help.

    Hierdie is basies hoe jou som lyk vir hoeveel boyency jy moet he, soos ek se mik vir 40%+ sodat as jy moeilikheid het jy nie wonder of jou mense gaan veilig wees nie:

    https://www.vanderkloofdam.co.za/wp-content/uploads/2017/03/boyency.jpeg

Leave a Reply