Kortpad Noord, deur Vanderkloof

4 trotse manne, 4 BMW motorfietse, Cape to Cairo!

Charl Meyer, Bruce Myburgh, Heiner Meyer en Edrique Botha is oppad vanaf Kaap Agulhas tot Cairo, met net hulle motorfietse. Geen bystand voertuie ry saam met die span nie.

Die hoof doel van die avontuur is om fondse in te samel vir die J9 Foundation, www.joost.co.za, so om R30 te skenk aan die J9 Foundation sms die woord “kortpad” na 42305. Julle kan baie meer lees oor die 4 se avontuur op hulle Facebook blad www.facebook.com/kortpad of deur hulle op Twitter te volg @Kortpadnoord

Hulle was het Woensdag aand by die ongelooflike Mkhulu Manzi Privaat Wildsplaas net buite Vanderkloof oorgeslaap waarna hulle vroeg Donderdag (3 September) oggend weer na ‘n vinnige besoek aan die hoogste damwal in Suid Afrika en ‘n paar fotos van Vanderkloof, verder vertrek het. Volgende stop? Durban, Hazyview en dan Botswana, al die pad tot in Kairo oor so 3 maande!!

Related posts

One thought on “Kortpad Noord, deur Vanderkloof

  1. Fantasties om te weet jy kry nog mense wat omgee en bereid is om hul eie tyd af te staan aan ‘n goeie projek. Dankie jul vier manne. Ons ander waardeer dit baie en glo jul fonds insameling gaan baie beteken vir die navorsing. Mooi ry.

Leave a Reply