Onwettige visvang

Dit is reeds bekend dat die hengel gebied te Vanderkloof reeds nie beskikbaar is aan die “Vrystaatkant” nie, by die oord moet jy inboek om te mag hengel en die watergras en alge maak dit bykans onmoontlik, die Rolfontein natuur reservaat en Doringkloof reservaat is ook nog gesluit vir die publiek en dus vir die hengelaars ook. waar gaan hengel ‘n mens? Daar is ‘n twintig meter strook beskikbaar by die “ou slipway”, maar jy mag ook nie meer daar oornag nie. Dit is moeilike tye vir die hengelaars wat vanaf die oewers wil hengel.

Dit is seker een van die faktore wat bydrae dat die onwettige hengel tans floreur te Vanderkloof. Mense gaan daagliks na die gebied onder die damwal wat verbode is en gaan bou viskrale. Die krale word met klip gepak as die rivier se watervlak laag is. As die turbines oopgaan dan lig die water vlak wat veroorsaak dat vis in die kraal ingaan. Waneer die watervlak weer val, dan word die vis vasgevang in die kraal en die manne laai letterlik streepsakke vol. Die polisie diens te Vanderkloof het onlangs weer toegeslaan op die manne en was 4 babers, 2 moggels, 17 geelvisse en 94 onderbekke by hulle gevind en op beslag gelé. Hulle was beboet, maar dit dien nie as afskrik middel nie. Die polisie moet gereeld hieraan aandag gee waar mens tog kan dink hulle eerder beter op ander plekke aangewend kon word, maar hul plig is hul plig. Die vraag ontstaan dus of die beperking tot hengel gebiede nie dalk ‘n wesenlike bydrae daartoe lewer nie? Die inwoners van Vanderkloof, Petrusville en Luckhoff word almal van vis verskaf deur hierdie onwettige hengelaars. Mens kan argumenteer dat dit goedkoop voedsel is en dat hierdie onwettige hengelaars voldoen aan ‘n behoefe, maar dit bly egter ongereguleerd en onwettig. Die argument sal natuurlik gemaak word dat die oopstelling van hengel gebiede soos die “Vrystaatkant” sal nie die probleem aanspreek en oplos nie en die argument het meriete, maar sal sekerlik die geleentheid aan hengelaars gun om hul eie vis te vang, vars te gebruik en natuurlik die kwaliteit tyd wat saam met vriende en familie gespandeer kan word om ‘n kamp vuurtjie. Die gesondheids risiko wat saam met die vis gaan is natuurlik ook ‘n probleem, maar dis goedkoop, mense koop want hulle kan dit nie self gaan vang nie. Mens kan maar net hoop dat die verantwoordelike persone so gou as moontlik tot hengelaars se redding kom. Vanderkloof se besigheids en toerisme sektor lei ook onder die probleem want besoekers wat wil hengel gaan nou elders en ons het nie baie hengel damme in ons omgewing nie.

Foto’s toon die vis bymekaar asook die Moggel wat nie baie mense ken nie.

Related posts

Leave a Reply