Ope oewer hengel kompetisie van 17 Desember 2016

Die klub het sy jaarlikse ope oewer kompetisie op die 17de Desember 2016 aangebied aan die “Vrystaatkant” van die Vanderkloof dam. Die klub was gelukkig om die hengel permit te kry hiervoor aangesien die klub kompetisies van die twee afgelope maande daar nie goedgekeur was nie! Die gebied is gesluit vir die publiek deur die Dept van Water en Sanitasie. Dit is gelee aan die oostelike kant van die damwal, die gebied aan die westelike kant is waar die kraal vissers tans besig is met hul vernietiging waarvoor hulle tans permitte gaan kry terwyl hierdie hengel grond “nie gebruik” mag word nie!!!

 

Dit daar gelaat, die kompetisie was ondersteun deur 84 ingeskrewe hengelaars. Die advertering was ongelukkig swak en ons vra omverskoning daarvoor, maar ons moes eers die permit kry alvorens reëlings kon voortgaan. Die dag was geken deur baie min wind maar bloedige temperature van by die 38C. Die kleinbek geelvisse het soos gewoonlik, almal besig gehou terwyl die moddervisse maar klein was, die karpe klein en skugter en die babers nog skaarser. Die hengelaars het dit egter geniet. Pryse het in totaal oor die R26000.00 gewees en ons kan net ons vele borge bedank. Johan van Heinekan SA en Nolan van SAB het ‘n groot bydrae gelewer tot die gelukkige trekkings pryse en was die manne dankbaar daarvoor na die warm dag. Ons bedank almal vir hul onderstening en wens u ook ‘n geseënde kersfees en voorspoedige nuwejaar toe, stywe lyne word u almal toegewens.

 

Related posts

Leave a Reply