Rolfontein natuur reservaat, die nuutste

Update op 29 Oktober 2015: Daar is bietjie gemengde inligting oor wat mag en wat mag nie. Ek het nou by 2 “bronne” wat altwee baie betroubaar is die volgende gekry. As jy wil gaan visvang in Rolfontein kan jy enige dag gaan, hulle ure is 8am tot 4pm (jy moet 4pm uit wees al by die hoofhek in Vanderkloof). Vir ander ure kan jy reel met die natuur reservaat se kantoor vir spesiale toestemming. Jy betaal jou gewone R30 toegangsgeld en ry dan af tot onder tot teen die dam. Die pad is bietjie sleg maar enige kar met normale “ground clearance” sal daar kan kom sonder enige skade. Ry maar net mooi stadig en veilig. Jy kan met jou voertuig ry tot waar jy visvang, moet tog nou nie in die dam in ry nie jy gaan vassit 🙂 Jy moet soos enige ander plek waar jy visvang natuurlik agter jouself skoonmaak en die plek los soos jy dit gekry het. Visvang is ook op ‘n “Catch & Release” basis vir alle spesies.

In Oktober 2014 het ons ‘n artikel gehad oor die “Nuwe” Rolfontein, na sy iets soos R150miljoen opgraderings wat deur ons regering blykbaar daar spandeer is. Jy kan daardie storie lees deur hier te click.

Nou na ‘n paar emails en navrae het ek dit goed gedink om ‘n draai daar te maak en weer te vertel hoe dit nou is.

Die goeie nuus is, hy is nog oop darem.

Rolfontein Chalets

 

Die chalets lyk soos in die foto. Die pad wat na hierdie chalets gaan is nog erger, hierdie is een van die beter chalets. So in kort nee jy kan nie in Rolfontein oornag nie.

So wat bied Rolfontein dan op die oomblik?

  • Jy kan daar gaan hengel
  • Jy kan braai by die picnic sites wat lekker koelte het en verbasend goeie braai en picnic geriewe.
  • Dit kos net R30 per persoon.
  • Jy sal so paar soorte diere sien
  • Daar ‘n nice uitkykpunt, ja ongelukkig net die 1 want met ‘n klompie miljoen rand kon hulle net 1 bou toe is die geld op 🙂

So pak maar vir jou lekker eet goedjies en doen jou ding.

 

 

Related posts

One Thought to “Rolfontein natuur reservaat, die nuutste”

  1. Baie dankie vir die inligting. Is daar ‘n ope uitnodiging sou iemand belangstel om dit te restoureer en op te knap sodat dit ‘n advertensie vir Vanderkloof kan wees? Wat is die omstandighede?

Leave a Reply