Rolfontein Natuurreservaat – Wat om te verwag

Nou dat Rolfontein Natuurreservaat weer oop is vir die publiek wonder baie mense wat kan hulle nou verwag na al die sogenaamde opgraderings. Lees gerus verder vir ‘n vinnige “review”…

Die tarief van R30 per persoon is heel billik en die ingaan proses redelik profesioneel en vinnig. Die paaie is in goeie kondisie en enige normale voertuig wat tot in Vanderkloof kon ry sal die reservaat se grondpaaie kan aanvat. Daar is blykbaar ‘n hele paar renosters maar aangesien jy nie die hele reservaat kan dek as lid van die publiek nie is jou kanse om hulle self te sien nie gewaarborg nie. Daar is egter verskeie ander diere te sien en ‘n paar interesante plante. Huidiglik is die hele Karoo maar droog so tensy jy verwag hulle het die hele reservaat onder ‘n groot spilpunt gebou sal dit jou nie verbaas dat die reservaat ook maar nog droog is na die winter nie.

Hier en daar is piekniek plekke. Sommiges kan jy braai by en het lekker tafeltjies en grasdakke om onder te kuier saam jou vriende. Daar is ook ‘n baie netjiese uitkyk punt wat oor ‘n groot deel van Grootwater uitkyk. Dit is soortvan ‘n dubbelverdieping uitkykpunt waar jy bo op ‘n hout dek kan uitkyk of onder die houtdek in baie lekker koelte op sement trappe kan sit en net die wereld in kyk. Defnitief ‘n moet vir enige besoeker aan Vanderkloofdam. Daar is ook ablusie blokke by die uitkykpunte. Hulle was almal gesluit so hoe jy toegang tot hulle kan kry is ons nie helemal seker gewees nie, aangesien daar heelwat karre in die reservaat was en dit nogsteeds toe was.

Daar is nog ontwikkeling besig vir die karavaan park, chalets en kamp plek in die reservaat. Die pad soontoe is baie sleg maar ons het dit tog met ‘n normale voertuig gery. Hopelik word hierdie pad ook nog verbeter aangesien dit na ‘n ongelooflike mooi deel van die dam lei.

Oor so paar weke sal ons weer laat weet hoe die reservaat is. Hy is tans net oop vir dagbesoekers.

Om op te som, dis dalk nou nie die mees indrukwekkendste natuurreservaat wat jy ooit sal besoek nie, maar daar is fantastiese plekke om die dam te sien en dis defnitief iets wat mens nou en dan met familie of vriende kan doen. Pak bietjie ‘n piekniek mandjie en gaan spandeer ‘n paar ure in Rolfontein Natuurreservaat

Related posts

2 Thoughts to “Rolfontein Natuurreservaat – Wat om te verwag”

  1. Fanie

    Wanneer kry ons u opvolg komentaar oor die reservaat en kampgeriewe daarin asb. Dankie Fanie

  2. Vanderkloofdam.co.za

    Hi Fanie

    Dankie vir jou vraag, ek sal vandag nog ‘n opvolg artikel opsit met meer inligting oor hoe die op die oomblik is. Ongelukkig is dit maar nog baie soos dit hier bo beskryf word.

Leave a Reply