SAALAA Kompetisie is aan die gang!

Gister was die eerste dag van die regte kompetisies vir die SAALAA lede, dag een van die Nasionale proewe. Die wind was taai met tye, die vis nog taaier, maar die manne en dames het die lieflike dam geniet. Die Grootbek geelvisse was maar skaars gewees, hulle asook die kleinbekke en babers word op die bote gefotograveer en vrygelaat so ons het ongelukkig nog nie fotos daarvan nie. Die inweeg was egter steeds interesant en bedrywig.

Daar het baie dwerg kurpertjies uitgekom en almal het darem ‘n karpie of drie ook geland. Rodolf Venter het ‘n bus van oor die 17kg gevang wat die babers aan betref, geluk jong. Kom ons hoop die manne en dames vaar tans beter en ons sal vanmiddag sien hoe die dag gegaan het.

Geniet ‘n paar foto’s, net om jul ‘n idee te gee en ook lus te maak vir hengel.

Vir meer ‘op datum’ nuus volg gerus Vanderkloof Hengelklub se Facebook blad.

Related posts

Leave a Reply