“Smart water meters” – nogal ‘n bohaai

Daar word deesdae baie bohaai gemaak oor “Smart water meters” wat munisipaliteite, insluitend Renosterberg, reg oor die land begin in sit of ten minste ondersoek. Baie mense is onmiddelik teen dit oor al die sogenaamde gesondheids gevare. Tog almal wat dit beweer het heel moontlik self nog geen navorsing gedoen oor dit nie.

‘n Paar feite wat mens ingedagte moet hou. Hulle gebruik presies dieselfde tegnologie as jou selfoon of jou rekenaar se internet konneksie. Afhangende van die tipe gebruik hulle basies presies dieselfde tegnologie as wat in elke selfoon is. Ja daai ding wat jy nie die huis sonder verlaat nie. Die radius van die sogenaamde “skade” is ‘n paar centimeter. Tensy jy jou oor gereeld teen jou watermeter gaan druk vir ure elke dag, gaan jy dus nooit eens naby sy ‘range’ kom nie. Anders as wat jy elke paar uur as iemand jou bel en jy jou foon teen jou oor druk doen, of heeldag met jou foon reg teen jou lyf in jou sak rondloop.

Ek se nie die mense wat se dis nie ‘n goeie oplossing nie is verkeerd nie, dink net soms mense wil darem so effens realisties en minder negatief na alles kyk. ‘n Berig wat gereeld aangehaal word, is deur “anonymous” geskryf. As dit so geldig is, hoekom dan anoniem bly?

Hier onder is ‘n tabel wat wys in watse frequency Smart Meters funksioneer. Kyk maar net watse toestelle gebruik dieselfde frequencies. As jy rerig teen smart meter is hoop ek rerig jy het nie ‘n TV of selfoon of radio ook nie… Dis maar net ‘n opinie. Vertel gerus jou opinie: info@vanderkloofdam.co.za

Anders as ‘n anonieme opinie, is hierdie tabel gekry by http://www.wateronline.com/doc/are-smart-meters-hazardous-to-public-health-0001

Dis dalk nie die antwoord nie, en defnitief sal dit met sy eie stel probleme kom. Maar mens moet tegnologie gebruik waar dit foute kan help uitskakel.

Ek is bly hulle gaan nie die stelsels in Vanderkloof verander vir nou nie, mens wonder maar net hoekom is sommige mense so erg teen enige verandering in Vanderkloof.

puct_rfchart

Related posts

One thought on ““Smart water meters” – nogal ‘n bohaai

  1. Len de jager

    Die skrywer van die artikel kan gerus aansluit by die Vanderkloof Belastingbetalersvereniging en eerstehandse inligting kry rakende die ander saakmakende faktore wanneer ‘n besluit geneem moet word oor iets soos pre-paid meters. Ons probleem is nie meters nie (maw nie ‘n tegniese probleem nie) maar die administrasie van die rekening stelsel wat gefaal het in ons munisipaliteit. Die vervanging daarvan met pre-paid meters van watter tipe ook-al los steeds nie die probleem op nie, in teendeel dit voeg nou ook ‘n tegniese komponent by die bestaande probleem! Die goedkoopste oplossing is steeds die behoorlike funksionering van die betrokke admin stelsel in die munisipaliteit – vanaf gereelde en korrekte meterlesings tot die uitstuur van maandelikse op datum en korrekte rekeninge en prossering van betalings – ook die wat deur die internet gedoen word.

Leave a Reply