Valentynsdag ‘sunset’ cruise na Lovers Lane…

Kom geniet hierdie Valentynsdag saam met  die spesiale persoon in u lewe. Die Malachite neem julle na ”Lovers Lane”  met sy ongelooflike mooi rotsformasies. Ons sal sorg vir iets te ete en ‘n sagte drinkdingetjie. (Indien daar iets anders – harder – sterker – is wat julle wil saam geniet met hierdie spesiale geleentheid is u welkom om dit saam te neem. Daar is ‘n yskas wat @ – 0 loop ons kan dit vir u lekker koud hou.)
Vir die wat dalk iemand in die oog het hier is die geleentheid en vir die waar daar gladnie ‘n spesiale persoon is nie, u is ook welkom. Kom geniet die dam met sy ongelooflike rotsformasies. Na die reen het die omgewing met handomkeer verander, wat altyd dor en vaal was is nou lowergroen.
Vertrek 16H00 vanaf Croliabaai en behoort weer net voor 19H00 terug te wees (wanneer alle bote van die water moet wees.)
Vir die wat verkies om liewer ‘n dagrit te doen is die vertrektyd 11H00.
Koste per paar R280 en enkel R140 wat iets spesiaal te ete insluit.
Besprekings noodsaaklik.
Bespreek nou by 082 550 7689

Related posts

Leave a Reply