Waterfees bou speelparkie in Keurtjieskloof

Die Vanderkloof Waterfees komitee, in samewerking met SAPD Vanderkloof (Social Crime) begin vanoggend (7 Maart) by Keurtjieskloof Laerskool met die bou van ‘n speelparkie (soos belowe!). Hulle gaan verf en bietjie kleur gee aan die area. Daar word ook ‘n groente tuin begin wat die kinders in stand moet hou. Hulle kan hul eie groente pluk vir middagetes! Dis ook ‘n gemeenskapsprojek, so almal is welkom, al kom se hulle net hallo!

Ollie die singende Nar kom ook na ‘n paar skole. Hy is Maandag oggend (10 Maart) om half elf bo in Keurtjieskloof. Dis ‘n fonds insameling vir die skole in die area. Kom ondersteun gerus bietjie die projek en die volgende Waterfees sodat daar meer sulke projekte ook kan wees!

ollie

Related posts

Leave a Reply